Search    

Leierskampe

 

Vandag se leerders is môre se leiers, daarom is dit ons verantwoordelikheid om hulle te lei om hulle volle potensiaal te bereik. Adventure Peaks se bosveld leierskampe is so saamgestel dat ons raak aan al die fasette van leierskap. Twee volle dae van pret, uitdaging, span werk en brein werk in die natuur is genoeg om die ware leier in enige stadsjapie uit te bring!

 

Die propvol naweek sluit in aktiwiteite in soos 'n uitdagende Hindernisbaan, The Ultimate Challenge wat die leiers se grootste uitdaging gaan wees, Lantern-bekruip en ander nag aktiwiteite, ontspanning met Waterkaskenades/Boeresport en pret met 'n Konsert. Deur dit alles word hulle magies vol gehou met die lekkerste kos maar ook unieke bos ervaring.

 

Ons bied nou ook 'n Leierkap Ontwikkelings Program aan by u skool!!! 

 

Vir meer inligting oor ons uitstekende pryse en program, skakels ons gerus!