Search    

Partytjie venue

Ons is ʼn unieke partytjie venue wat ʼn verskeidenheid aktiwiteite het om van te kies. Ons is geleë in Pretoria Oos, Skakel ons gerus vir meer inligting!
Sien jy kans vir ʼn pret belaaide avontuurlustige partytjie vir seuns en dogters met ʼn bos braai wat stokbrood en wors insluit. Dan moet jy eenvoudig jou spesiale dag by ons kom vier!

 

 

Daar kan van die volgende aktiwiteite gekies word :
·    Hindernisbaan
 
Die is vir die kinders wat wil klim en klouter in die bome, in die modder kruip en vele meer.
·    Amazing Race
Kan jy leidrade ontrafel en rigting hou? Dan is die een vir jou…
·    Paintball
Ons gebruik kinder vriendelike Paintball gewere sodat al die kinders dit ten volle kan geniet. Die doel van die speletjie is om die ander span se ken-teken in die hande te kry. Mag die beste span wen!
·    Fear Factor
Die een is slegs vir die kinders met murg in hulle bene. Kan jy al die krakerige kakkerlakke tussen jou tande voel?
·    Waterkaskenades/ Boeresport
Van waterballon gooi, sak resies, kruiwa stoot, tou trek en vele meer kan dit net pret wees.
 
·    Water-geweer oorlog
 
Speel Cowboys and Crooks met water-gewere in die bos. Watter span gaan die droogste wees?
 
·    Minute to Win It
Kan jy ʼn watte optel met jou neus of ʼn tandeborsel balanseer met ʼn hoed? Dan is die speletjies vir jou bedoel!
·    Survivor
Twee "tribes" wat teen mekaar deelneem om te kyk wie kan die meeste uitdagings voltooi!
·    Skattejag
Soek leidrade om jou te help om die groot skat te vind!
·    Nag-partytjie (Slegs September - April)
 
Prikkel lantern bekruip en spook stories om die kampvuur jou verbeelding? Dan is die een vir jou!
Vir meer inligting oor die pakkette/pryse skakel ons gerus sowel as nie een van die aktiwiteite jou opgewonde maak nie dan kan ons praat oor moontlike kombinasies.